WHM Recruitment Advisors is dringend opsoek na ‘n Voorraad Kontroleurder om by ons klient in die omgewing Kanoneiland wat 30 km van Upington gelee is aan te sluit. Salaris is Mark Verwant.

LET WEL:

Indien jy aansoek doen vir hierdie vakature en jou vaardighede en ondervinding stem nie ooreen met die inherente vereistes van hierdie posisie nie, sal jou aansoek direk geskrap word. Maak asseblief seker dat jy die advertensie sorvuldig lees en verstaan voor jy jou CV aan ons stuur, anders sal jy net jou tyd en ons s’n mors.

Aansoek Proses:

Om aansoek te doen vir hierdie posisie e-pos jou opgedateerde CV na admin@whmrecruitment.co.za, en dui die Posisie se naam in die “Subject” lyn aan.

Kwalifikasies en Ondervinding:

  • ‘n Na-skoolse kwalifikasie in Logistieke Bestuur/ Rekenkundige
  • Minstens 4 – 5 Jaar toepaslike ervaring in Logistieke Bestuur / Rekeningkunde
  • Geldige bestuurslisensie
  • Vermoë om onder druk te werk en sperdatums na te kom
  • ‘n Oog vir noukeurigheid
  • Sterk verbale en geskrewe kommunikasie vaardighede
  • Ondervinding in die beheer van ‘n voorraadstoor sal die aansoek versterk
  • Kennis van oudit prosesse, Global Gap dokumentasie, voorraadbeheer en bestellings sal in die aansoeker se guns tel.

Daaglikse Take en Verandwoordelikhede:

  • Voorraadbeheer
  • Handhaaf optimale voorraadvlakke
  • Voorsien pakmateriaal aan pakstore
  • Maandelikse voorraad afsluiting
  • Kontroleer vragbriewe en toestand van voorraad
  • Behulpsaam met voorraad oudit
  • Instandhouding van voorraad stelsels
  • Voorraad opnames, beplanning en bestellings
  • Dataverwerking
  • Ontvangs van voorraad
  • Liassering & Administrasie
  • Voorraadstoor huishouding en netheid.

Salaris:

Mark Verwant.

Neem asseblief kennis dat slegs kandidate wat gekortlys is gekontak sal word. Daarom, as jy nie enige korrespondensie binne twee weke van jou aansoek ontvang het nie, is jou aansoek onsuksesvol.